‘Waatlemoendiefstal’ op plaas lei tot dood, veiligheidswagte gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Twee veiligheidswagte is Woensdag in die Kimberley-hooggeregshof gevonnis na Pieta Modingwana (29) aan skietwonde in die maag gesterf het nadat hy van diefstal verdink is.

Lt.kol. Sergio Kock sê Modingwana (29) is geskiet toe hy probeer vlug het na hy van die steel van waatlemoen op 2 Januarie 2019 op die plaas naby Magogong in Hartswater verdink is. Kabelo Edward de Bruin (27) en Goitsemang Piet Muller (37), die wagte op die plaas, het op die betrokke dag twee mans opgemerk en van diefstal verdink. Beide is aangehou en een is in ‘n stoorkamer vasgebind.

Modingwa het na sy huis probeer vlug en is twee keer in die maag geskiet. Die polisie is deur gemeenskapslede ontbied. Modingwa het twee dae later aan sy beserings in ‘n hospitaal gesterf. Die polisie het inligting oor die man wat in die stoorkamer vasgebind was, opgevolg en hom daar aangetref.

Dawie Oosthuizen (62), die plaaseienaar, en die twee veiligheidswagte is gearresteer. Oosthuizen het in 2022 aan natuurlike oorsake gesterf terwyl hy op borg was.

De Bruin en Muller is op aanklagte van moord tot 25 jaar, vir ontvoering 10 jaar, aanranding met die doel om ernstig te beseer 3 jaar, onwettige besit van ‘n vuurwapen 5 jaar en die onwettige besit van ammunisie tot 1 jaar tronkstraf gevonnis.

Kock sê die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Lt.genl. Koliswa Otola het speur.AO Tiisetso Chabeli vir die ondersoekwerk en skuldigbevinding geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief