WES-KAAP. – ‘n Bekwalvis en haar kalf het Maandagmiddag by die Hartenbos-riviermond, in die Mosselbaaigebied, uitgespoel.
S.M.A.R.T (Stranded Marine Animal Rescue Team) sê dié diens is saam met André Fraser, die NSRI (N.S.R.I Station 15 Mossel Bay,) asook Lacey Williams van Oceans Research en verskeie internes na die gestrande diere. Die walvis en haar kalf is met die hulp van die publiek suksesvol terug die see ingehelp. Kort daarna het beide weer gestrand.
“Na oorlegpleging met vooraanstaande marinebioloë en bewaringsowerhede is vasgestel dat genadedood die mees menslike manier van aksie is om verdere lyding te voorkom.”
Alle belanghebbendes is vir hulle ondersteuning bedank.
“Dit is altyd hartverskeurend om so ‘n uitkoms te aanskou, maar ons bly verbind tot marinebewaring en reddingspogings”








