Brekende Nuus
Afrikaans

Wat jy oor onbegaanbare paaie móét weet

Stad Kaapstad waarsku motoriste oor paaie wat vir verkeer gesluit is.

Foto: City Of Capetown Facebook-blad
Foto: City Of Capetown Facebook-blad

WES-KAAP. – Voordat jy in en om Kaapstad reis of êrens moet gaan, maak seker jou roete is begaanbaar.

Die Stad Kaapstad sê die volgende paaie is tans vir verkeer gesluit:

Baden Powel-rylaan tussen Oscar Mpetha- en Mew-weg in Khayelitsha, as gevolg van sand op die paaie,

Baden Powell-rylaan tussen Strandfontein- en Sunrise-sirkel, as gevolg van sand op die paaie,

Vishoek-hoofweg tussen Glencairn en Hillside, asook Vishoek-sirkel,

Houtbaai-hoofweg tussen Disarivier en OR Tambo, as gevolg van werk aan ‘n waterpyp wat gebars het,

Clarence-rylaan (R44) en Gordonsbaai,

Kloofpad tussen Regent- en Avenue Frensnaye, Seepunt, as gevolg van bourommel op die paaie,

Chapman’s Peak en Clarence-rylaan is gesluit as gevolg van weersomstandigheide en moontlike rotsstortings.

Die publiek word ook gemaan om waaksaam te wees oor vloede. Reistyd moet aangepas word en motoriste moet versigtig op nat paaie bestuur. Daar word gevra dat hoofligte van motorvoertuie aangesit word.