Die destydse musiekgroep, Shine 4, het onlangs weer vir ’n “spesiale projek” bymekaargekom.
Marlese Wallis, een van die lede, het op haar Instagram-blad ’n foto van hulle saam met die vervaardiger Robyn Kielly en Nicholis Louw gedeel.
“Dis nog so drie maande voor ons kan sê waarmee ons besig was, so byt nog ’n bietjie vas. Nee, Shine 4 gaan nie weer begin sing nie, maar vir hierdie projek kon ons nie nee sê nie.”
Die groep het destyds uit Marlese Wallis (Kapp), Desirée Bain (Underwoord), Jill Middlekop en Liesl Kriel bestaan.

Bron: Instagram





