Hierdie appeltert van Marinda Engelbrecht is nie net mooi nie, maar ook smullekker. Volgens haar sal jy nooit spyt wees as jy dit maak nie.
BESTANDDELE:
411 g (1 blik) gedreineerde tertappels
2 eiers
190 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
85 ml melk
60 ml gesmelte botter
250 ml koekmeelblom
2 ml sout
Sous:
1 blikkie Idealmelk
125 ml room
250 ml suiker
5 ml vanieljegeursel
METODE:
- Klits die eiers, strooisuiker en vanielje saam.
- Klits die melk en gesmelte botter saam.
- Sif die droë bestanddele saam en klits dit alles by die eiermengsel.
- Gooi die beslag in ’n gesmeerde tertbak en druk die appels in die deeg.
- Bak vir 30 – 40 minute by 180°.
- Kook die Idealmelk, room, suiker en vanieljegeursel saam totdat die suiker opgelos is. Gooi dit oor die tert die oomblik as dit uit die oond kom.
Bron: Marinda Engelbrecht van Marinda Kook