Brekende Nuus
Afrikaans

Weeklikse Woensdag-resep: Appeltert

Weeklikse Woensdag-resep: Appeltert
Weeklikse Woensdag-resep: Appeltert

Hierdie appeltert van Marinda Engelbrecht is nie net mooi nie, maar ook smullekker. Volgens haar sal jy nooit spyt wees as jy dit maak nie.

BESTANDDELE:

411 g (1 blik) gedreineerde tertappels

2 eiers

190 ml strooisuiker

5 ml vanieljegeursel

85 ml melk

60 ml gesmelte botter

250 ml koekmeelblom

2 ml sout

Sous:

1 blikkie Idealmelk

125 ml room

250 ml suiker

5 ml vanieljegeursel

METODE:

  1. Klits die eiers, strooisuiker en vanielje saam.
  2. Klits die melk en gesmelte botter saam.
  3. Sif die droë bestanddele saam en klits dit alles by die eiermengsel.
  4. Gooi die beslag in ’n gesmeerde tertbak en druk die appels in die deeg.
  5. Bak vir 30 – 40 minute by 180°.
  6. Kook die Idealmelk, room, suiker en vanieljegeursel saam totdat die suiker opgelos is. Gooi dit oor die tert die oomblik as dit uit die oond kom.

Bron: Marinda Engelbrecht van Marinda Kook