Weermaglede sterf, talle beseer toe vragmotor rol

Lees ook :

Foto: SANDF

NOORD-KAAP. – Twee weermaglede, ‘n man en ‘n vrou, het Vrydagmidag gesterf toe ‘n SANW-vragmotor onderweg van Lohatla-weermagbasis na Kimberley op die R31 pad gerol het.

Lt. kol. Sergio Kock sê die vragmotor met 19 weermaglede het op die pad tussen Koopmansfontien en Delportshoop in reënweer gerol. Buiten twee weermaglede wat gesterf het, is 17 beseer. Hulle is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer.

Die oorledenes se naasbestaandes moet nog van hulle afsterwe ingelig word.

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag en die oorsaak van die ongeluk vorm deel daarvan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief