Die Suid-Afrikaanse weerdiens het erge reën voorspel vir al nege provinsies vir vandag.
Lees ook: SAWD voorspel reën vir res van week, waarsku vir vandag
Verskeie weerwaarskuwings is vir vandag uitgereik. ’n Geel vlak 4-waarskuwing is uitgereik vir die Noord-Kaap vir erge reën en moontlike oorstromings.
Die Noord-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat en Noord-Wes is met ‘n geel vlak 2-kennisgewing gewaarsku oor erge reën en oorstromings.
Mense word herinner om lopende water te vermy en indien moontlik van die paaie af te bly.
Bronne: SAWD
Lees ook: SAWD voorspel reën vir res van week, waarsku vir vandag





