Wees vandag swaar reën, donderstorms en oorstromings te wagte

Lees ook :

Erge reën, donderstorms en oorstromings voorspel vir vandag fotokrediet: Canva

Lees ook: Oranje vlak 8-waarskuwing uitgereik vir vandag

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het swaar reën, donderstorms en oorstromings oor die grootste deel van die land vir vandag voorspel.

’n Oranje vlak 5-waarskuwing en geel vlak 4-waarskuwing vir erge reën en oorstromings is vir KZN uitgereik. Mpumalanga is met ’n geel vlak 4-waarskuwing teen erge reën, donderstorms en oorstromings gewaarsku.

’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge reën is vir Gauteng uitgereik.

Die waarskuwings volg na ’n oranje vlak 8-waarskuwing vir erge reën gister vir KZN uitgereik is. Daar was ook die naweek ’n tornado in Welkom en volgens video’s op sosiale media oorstromings in Sun City.

Mense word herinner om die weer in hulle omgewing vir enige verandering dop te hou.

Bronne: Saws

Lees ook: Oranje vlak 8-waarskuwing uitgereik vir vandag

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief