Lees ook: Oranje vlak 8-waarskuwing uitgereik vir vandag
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het swaar reën, donderstorms en oorstromings oor die grootste deel van die land vir vandag voorspel.
’n Oranje vlak 5-waarskuwing en geel vlak 4-waarskuwing vir erge reën en oorstromings is vir KZN uitgereik. Mpumalanga is met ’n geel vlak 4-waarskuwing teen erge reën, donderstorms en oorstromings gewaarsku.
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge reën is vir Gauteng uitgereik.
Die waarskuwings volg na ’n oranje vlak 8-waarskuwing vir erge reën gister vir KZN uitgereik is. Daar was ook die naweek ’n tornado in Welkom en volgens video’s op sosiale media oorstromings in Sun City.
Mense word herinner om die weer in hulle omgewing vir enige verandering dop te hou.
Bronne: Saws