‘Wees versigtig in hierdie nat weer’ nadat kinders en ander beseer is

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Paramedici waarsku motoriste om versigtig op die nat paaie te wees, nadat ses persone, onder andere twee kinders, beseer is toe ‘n voertuig op die M7 gerol het.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die voertuig het op die M7, rigting Durban waar dit by die N3 in ‘n noordelike rigting aansluit, beheer verloor en verskeie kere gerol.

“Paramedici het verskeie beseerdes op die toneel aangetref en het dadelik nog ambulanse sowel as gevorderde lewensondersteunende paramedici ontbied om te help.”

Die ses beseerdes is gestabiliseer voordat hulle vir verdere mediese hulp na verskeie hospitale in Durban geneem is.

“In hierdie stadium is die gebeure wat tot die ongeluk gelei het onbekend, maar die SAPD was op die toneel en sal verder ondersoek instel.”

“ALS Paramedics wil motoriste versoek om in hierdie nat weer versigtig te wees. Paramedici is al na verskeie ongelukstonele en verwag meer te midde van die reënweer.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief