Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die publiek gemaan om tydens Oktober en November waaksaam te bly, aangesien hittegolwe, erge storms en skadelike wind steeds kan voorkom.
Rudzani Malala, die weerdiens se senior bestuurder, het die waarskuwing vandag tydens ‘n nuuskonferensie in Pretoria gerig.
Malala het ook te kenne gegee dat die sneeuval vanjaar, gegewe vorige jare, nie ongewoon is nie.
Voorts het Malala teen erge storms oor die noordelike dele van die Vrystaat, Gauteng en die oostelike hoëveld van Mpumalanga gewaarsku. Hierdie storms word gewoonlik deur skadelike wind gekenmerk.
Ekstra voorsorg moet getref word om diegene wat deur die weer geaffekteer kan word, te beskerm. Bejaardes en klein kinders moet tydens gure weerstoestande bygestaan word.
Lees die volledige verklaring hier.