Die TikTokker Malcolm Wentzel se nie-regeringsorganisasie FKN Army het onlangs weer ’n kompetisie bekendgestel waarmee ‘n gelukkige wenner ’n Ford Raptor kan wen.
Inskrywings kos slegs R300 en die kompetisie sluit op 20 Junie 2024.
Volgens FKN Army se missie-stelling is hulle ’n beweging wat ten doel het om die lewens van gewone hardwerkende mense te verander. Hulle wil ’n positiewe impak op die samelewing maak. Die organisasie wil mense se drome bewaarheid en hernude energie die wêreld inbring.
Wentzel het die organisasie tydens die grendeltydperk begin. Kiki la Coco staan sy aan sy met hom om die idees en organisasie vorentoe te dryf.
FKN Army het in Mei vanjaar R100 000 aan ’n 14-jarige kankerpasiënt geskenk.
Skryf hier in vir die kompetisie.
Bronne: FKN Army, TikTok





