Wêreldborsvoedingsweek – Stad Kaapstad bevorder borsvoeding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Stad Kaapstad neem aan Wêreldborsvoedingsweek (1–7 Augustus 2025) deel, met die tema Prioritiseer borsvoeding: Skep volhoubare ondersteuningsisteme.

Anthea Hartzenberg, die uitvoerende ondersteuningsbeampte vir die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, sê in ‘n verklaring indabas vind vanaf vandag tot 8 Augustus by Lotusrivier, Wallacedene, Macassar en Gugulethu plaas, wat deur die Stad saam met vennote aangebied word. Hierdie byeenkomste is gemik op swanger vroue en moeders en bied inligting en dienste oor moeder- en kindergesondheid.

“Vir borsvoeding om suksesvol te wees, is daar ondersteuning by die huis, werk en in die gemeenskap nodig,” sê raadslid Francine Higham, die stad se burgermeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid.

Die Stad se Infant Feeding Counselling Project sal voortgaan, met opgeleide EPWP-werkers wat moeders in gemeenskappe bystaan.

Navrae kan by plaaslike klinieke gedoen word.

Lees meer deur hier te druk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief