Brekende Nuus
Afrikaans

Wêreldleiers wens Trump geluk met finale verkiesingsuitslag nog onbekend

Wêreldleiers wens Trump geluk voor finale uitslae van verkiesing bekend is

fotokrediet: Facebook
Wêreldleiers wens Trump geluk voor finale uitslae van verkiesing bekend is fotokrediet: Facebook

Lees ook: Trump steeds voor in presidentswedloop

Verskeie wêreldleiers het Donald Trump gelukgewens met sy “terugkeer” na die Wit Huis nadat hy in drie van die sewe beslissende swaaistate gewen het. Die finale uitslag van die verkiesing is nog nie bekend nie, maar Trump is tans die voorloper.

Israel se Benjamin Netanyahu en die VK se Keir Starmer was van die eerstes wat Trump gelukgewens het.

Nog leiers wat hom gelukgewens het, is Pakistan se Shehbaz Sharif, Indië se Narendra Modi, Frankryk se Emmanuel Macron, Oekraïne se Wolodimir Zelenski, Dmitry Medvedev van Rusland en Italië se Giorgia Meloni.

Bronne: Tribune, Daily Post, BBC

Lees ook: Trump steeds voor in presidentswedloop