Lees ook: Groep in hegtenis vir beweerde afpersing van dokter
’n Standard Bank-werker is dood na sy Maandag van die sesde verdieping van die Standard Bank-hoofkantoor in Rosebank geval het.
Verskeie plasings op sosiale media beweer die werker het vir weke voor die voorval oor haar psigiese gesondheid gekla.
’n Plasing deur Crime in SA beweer die vrou het selfdood gepleeg deur van die sesde verdieping van die gebou af te spring. Standard Bank het bevestig die vrou is oorlede na sy geval het en het hulle medelye teenoor haar familie en kollegas uitgespreek.
Die Gauteng-polisie ondersoek die voorval.
Standard Bank employee jumps to death at her workplace. It is alleged that the female employee has been complaining about her mental status weeks before jumping from the 7th floor at Standard Bank Head Offices on Baker Street in Rosebank Johannesburg. pic.twitter.com/5SGH1QkZY0
— CrimeInSA (@sa_crime) October 12, 2024
*As jy sukkel met geestesgesondheidsuitdagings, kontak die Selfdood-krisisnoodnommer by 0800 567 567.
Bronne: IOL, The Citizen, Balwayo24, X
Lees ook: Groep in hegtenis vir beweerde afpersing van dokter