NOORDWES. – ’n Werkgewer in ’n saak waar 23 vermeende ongedokumenteerde buitelanders in hegtenis geneem is, is nie ’n plaaseienaar nie, maar ’n bestuurder by ’n private wildplaasmaatskappy in die Vrystaat. Die werkgewer is met R230 000 beboet, terwyl die 23 verdagtes in aanhouding bly.
Kol. Anne Magakoe, polisiewoordvoerder, sê ‘n operasie in die Vorstershoop-polisiëringsgebied het tot die inhegtenisnemings gelei van persone wat glo sonder geldige dokumente in die land werk. Die werkgewer is beboet nadat hy glo die ongedokumenteerde buitelandse werkers in diens gehad het. Die departement van binnelandse sake het bevestig die individue se dokumente het óf verval óf was ongeldig. Hulle bly in aanhouding totdat die onderskeie individue op 3, 10 en 16 Julie weer in die hof voorkom.





