Werksgeleentheid: Junior joernalis

Lees ook :

KAAPSTAD: Nuusflits.com het ‘n werksgeleentheid vir ‘n junior joernalis in Kaapstad. Dit is afstandswerk en die ideale kandidaat moet sy/haar eie rekenaar, WiFi, selfoon en motor hê.

Kernverantwoordelikhede:

  • Inhoudskepping: Skep hoë kwaliteit en boeiende digitale inhoud vir ons aanlyn nuusplatform, wat ‘n verskeidenheid van temas dek, insluitend nuus, leefstyl en vele meer.
  • Integrasie met sosiale media: Werk saam met die sosialemediaspan om die inhoud op verskeie digitale platforms te publiseer.
  • Navorsing: Bly op hoogte van huidige gebeure, bedryfstendense en relevante temas om akkurate en op datum inhoud te verseker.
  • Samewerking: Werk nou saam met die res van die span om vinnig en akkurate beriggewing te verseker. 

Kwalifikasies:

  • Ervaring: Minimum van 3 jaar ervaring in digitale kopieskryf, verkieslik in ‘n nuus- of media-omgewing.
  • Tersiêre kwalifikasie: Toepaslike tersiêre kwalifikasie
  • Skryfvaardighede: Sterk beheer van die Afrikaanse taal, goeie grammatika en die vermoë om vinnig en effektief te werk.
  • Aanpasbaarheid: Vermoë om onder druk te werk en aan te pas by ontwikkelende nuussiklusse.
  • Digitale vaardigheid: Gemaklik met die gebruik van inhoudsbestuurstelsels en op hoogte bly van digitale publikasietendense.

Om aansoek te doen, vul die vorm in:

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App