BARKLY-WES. – Wildeklawer is Afrika se grootste uieprodusent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte. Die besigheid het sy hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), met werksaamhede wat oor drie produksie-eenhede verspreid is. Deur innoverende boerdery-ontwerpe en presisieboerderytegnologie te benut, het Wildeklawer homself gevestig as ‘n pionier in die varsproduktebedryf in Afrika.
Wildeklawer bly diep gewortel in die plaaslike gemeenskap en speel ’n aktiewe rol in opheffing deur jeugsport-inisiatiewe. Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan talentvolle spanspelers wat optimalisering geniet.
Weens uitbreiding is Wildeklawer op soek na die volgende rolspeler om by ons dinamiese span aan te sluit.
Werksgeleentheid: Junior Produksiebestuurder (Gewasbestuurder – twee poste beskikbaar)
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:
- Die bestuur van personeel, toerusting, grond, produksiemiddele en finansies in die verbouing van ‘n gewas.
- Toerusting aan hom verskaf.
- Die bestuur van personeel, wat insluit toesighouers en operateurs.
Die geskikte kandidaat moet beskik oor:
- Toepaslike ondervinding van sowat 2-3 jaar in ‘n soortgelyke pos.
- ‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in landbou
E-pos CV aan: [email protected]. Navrae: Theresa Lategan by 053 531 9725. Sluitingsdatum: 29 Maart 2024





