Werksgeleentheid: Produksie en Tegnies

Lees ook :

BARKLY-WES. – Wildeklawer is Afrika se grootste uieprodusent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte.

Die besigheid het sy hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), met werksaamhede wat oor drie produksie-eenhede verspreid is. Deur innoverende boerdery-ontwerpe en presisieboerderytegnologie te benut, het Wildeklawer homself gevestig as ‘n pionier in die varsproduktebedryf in Afrika.

Wildeklawer bly diep gewortel in die plaaslike gemeenskap en speel ’n aktiewe rol in opheffing deur jeugsport-inisiatiewe. Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan talentvolle spanspelers wat optimalisering geniet. 

Weens uitbreiding is Wildeklawer op soek na die volgende rolspeler om by ons dinamiese span aan te sluit.

Werksgeleentheid: Produksie en Tegnies

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:

  • Meganiese oes van uie en wortels.
  • Toediening van kunsmis en chemiese middels vir bepaalde gewasse.
  • Onderhoud, herstel en optimisering van bestaande landbouwerktuie, besproeing, oesmasjinerie en landboutoerusting.

Die geskikte kandidaat moet beskik oor:

  • Toepaslike ondervinding van sowat 5-10 jaar in ‘n soortgelyke pos.
  • Hidrouliese/elektroniese vaardighede soos van toepassing vir oesmasjinerie, werktuie en toerusting.
  • ’n Toepaslike ambag in meganies/elektries of plaatmetaalwerk sal as sterk aanbeveling dien.

E-pos CV aan: hr@wildekalwer.com. Navrae: Theresa Lategan by 053 531 9725. Sluitingsdatum: 29 Maart 2024

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App