Werksgeleentheid: Senior Pakhuis Bestuurder

Lees ook :

Wildeklawer is Afrika se grootste uie produsent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte. Die besigheid het sy hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), met werksaamhede wat oor drie produksie-eenhede verspreid is. Deur innoverende boerdery-ontwerpe en presisieboerderytegnologie te benut, het Wildeklawer homself gevestig as ‘n pionier in die varsproduktebedryf in Afrika. Ons bly diep gewortel in ons plaaslike gemeenskap en speel ’n aktiewe rol in opheffing deur jeugsport-inisiatiewe. Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan talentvolle spanspelers wat optimalisering geniet. Weens uitbreiding is ons op soek na die volgende rolspeler om by ons dinamiese span aan te sluit: Senior Pakhuis Bestuurder

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:

  • Die beplanning en bestuur van alle verpakkingsaktiwiteite van goed toegeruste pak- en opbergingsfasiliteite.
  • ‘n Kandidaat met ‘n bewese bestuursrekord, wat oor die vermoë beskik om toe te sien dat die was, gradering, verwerking, verpakking en prosessering van produkte volgens Globalgap-standaarde geskied.
  • Die optimale bestuur van personeel, toerusting, prosesse en finansies vir maksimale winsgewendheid in die verpakking van produkte.

Vereistes:

  • ‘n Toepaslike graad in Algemene en/of Logistieke Bestuur sal as sterk aanbeveling dien.
  • Ten minste 10 jaar toepaslike ondervinding in ‘n soortgelyke pos, met die nodige tegniese aanvoeling.
  • Beskik oor ‘n algemene besigheidsin, wat winsgeoriënteerd ingestel is.

Stuur asseblief u CV aan: e-pos: hr@wildeklawer.com

Vir navrae, kontak Theresa Lategan by 053 531 9725.

Doen hier aansoek:

Sluitingsdatum: 30 Junie, 2024

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief