Werksgeleentheid: Senior Produksiebestuurder

Lees ook :

BARKLY-WES. – Wildeklawer is Afrika se grootste uieprodusent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte. Die besigheid het sy hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), met werksaamhede wat oor drie produksie-eenhede verspreid is. Deur innoverende boerdery-ontwerpe en presisieboerderytegnologie te benut, het Wildeklawer homself gevestig as ‘n pionier in die varsproduktebedryf in Afrika.

Wildeklawer bly diep gewortel in die plaaslike gemeenskap en speel ’n aktiewe rol in opheffing deur jeugsport-inisiatiewe. Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan talentvolle spanspelers wat optimalisering geniet. Weens uitbreiding is Wildeklawer op soek na die volgende rolspeler om by ons dinamiese span aan te sluit.

Werksgeleentheid: Senior Produksiebestuurder

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:

  • Die optimale bestuur van personeel, toerusting, grond, produksiemiddele en finansies vir maksimale winsgewendheid in die verbouing van ons produkreeks, wat verskeie gewasse insluit.
  • Die deurlopende optimisering van produksieprosesse.
  • Die bestuur van ‘n afdeling, wat insluit middelvlakbestuur en operateurs.
  • Die integrasie van alle beskikbare hulpbronne, ten einde ‘n wêreldklas-produksie-eenheid daar te stel.

Die geskikte kandidaat moet beskik oor:

  • Toepaslike ondervinding van sowat 6-8 jaar in ‘n soortgelyke bestuurspos.
  • ‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in landbou.
  • ‘n Bewese bestuursrekord in ‘n soortgelyke pos.

E-pos CV aan: hr@wildeklawer.com. Navrae: Theresa Lategan by 053 531 9725. Sluitingsdatum: 29 Maart 2024

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief