Werner de Jager se borgverhoor gaan vandag aan – nóg twee ‘moordklagtes’

Lees ook :

Foto's: Ian Cameron Action Society

KWAZULU-NATAL. – Die borgaansoek van Werner de Jager in die moordsaak van sy oorlede vrou, die vermoorde ds. Liezel de Jager, sal vandag in die Amanzimtoti-landdroshof hervat word. Nog twee beweerde moordklagtes kan binnekort bygevoeg word.

Action Society sê die twee addisionele moordklagtes kom van ‘n motorongeluk wat verlede jaar in April buite Koppies in die Vrystaat plaasgevind het. In die ongeluk het Linda Eales (54) en Berniece Eales (84) hul lewens verloor en nog ‘n persoon is beseer.

‘n Vergadering sal later die week plaasvind om te besluit of die saak van die ongeluk met die huidige saak van ds. Liezel se moord kan saamsmelt.

Ian Cameron, die direkteur van gemeenskapsveiligheid van Action Society, het self die hofverrigtinge bygewoon.

“We welcome every step taken to bring De Jager to justice. He must be removed from society. He has left a devastating trail of death and despair. Enough is enough,” sê Cameron.

Cameron het deurentyd bywerkings van die hofsaakverrigtinge op sy Facebook-blad gedeel.

De Jager is deur ‘n groot groep gemeenksapslede begroet wat hom nie op borg wil sien nie en vir hom “rot in jail” toegejou het.

Volgens Action Society het De Jager sigbaar in die hof gebewe.

Tydens die vorige hofverskyning op 24 Januarie is daar aan die hof voorgehou dat die moord moontlik met voorbedagte rade gepleeg is en die klagte van moord is na skedule 6 verander. Nie net het De Jager vermoedelik oor sy aktiwiteite op die dag van sy vrou se dood gelieg nie; hy het ook probeer om ‘n lewenspolis teen sy oorlede vrou se naam te eis, waarvan hy afgeraai was. Dit het ‘n verdere klag van beweerde bedrog teen hom gebring.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

Ds. Liezel de Jager se man het weer Woensdag in die Amanzimtoti-landdroshof verskyn om vir borg aansoek te doen. Dit het na bewering met bewyse aan die lig gekom dat haar moord nie toevallig was nie, maar glo met voorbedagte rade gepleeg is. De Jager se borgaansoek is tot 24 Januarie uitgestel en hy bly in aanhouding.

Volgens Action Society gaan die vervolging ‘n skedule 6-moordklag instel. Boonop sal daar ook nou, nadat De Jager probeer het om van die lewenspolisse teen die oorledene se naam te eis, bedrogklagtes teen hom wees. Dit volg nadat die ondersoekbeampte vir hom gesê het om dit nie te doen nie.

De Jager het ook glo gelieg oor wat hy ten tyde van sy vrou se moord gedoen het.

“This man – like any other suspect arrested on suspicion of violence against women or children – should not be allowed to put a foot outside of jail while he is being investigated. De Jager has put Liezel’s loved ones, including her parents and two daughters through intense pain and sorrow, and he continues doing so by lying. His actions following Liezel’s death have also caused suffering for other families. He should remain in custody to protect any further life-taking incidents,” het Ian Cameron, die direkteur van gemeenskapsveiligheid van Action Society gesê.

Cameron sê daar sal nie opgegee word om die polisie vir die oorspronklike ondersoekspan se nalatigheid en mislukking verantwoordelik te hou nie.

Liezel de Jager is op 13 Oktober 2021 op Amanzimtoti by haar huis vermoor.

Die egpaar het twee jong dogters.

Bron: Johann Badenhorst Action Society

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief