21 Februarie word wêreldwyd as Internasionale Toergidsdag (ITGD) erken en bring hulde aan toergidse regoor die wêreld.
Die doel van dié internasionale dag is om toergidse te erken vir hulle harde werk, kundigheid, toewyding en professionaliteit wat reisigers se ervarings verryk. Toergidse speel ‘n belangrike rol in die bevordering en volhoubare instandhouding van Suid-Afrika se toerisme-ekonomie.
Lees ook: SA se toerismesektor groei https://nuusflits.com/sa-se-toerismesektor-groei/
Die Wes-Kaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme sê toergidse is die storievertellers van die provinsie. “Hulle bring ons erfenis, ons landskappe en ons mense tot lewe,” het Meyer voorts gesê.
Suid-Afrika vier al sedert 2009 ITGD, wat ‘n bewustheid skep oor die kritieke bydraes van gidse in die toerisme-waardeketting.
Ten einde groei en werkskepping in die sektore van toerisme te versterk, implementeer die Wes-Kaapse departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme (DEDAT) verskeie inisiatiewe gedurende die 2025/26-boekjaar.

Die departement beplan inisiatiewe soos werkswinkels en gespesialiseerde opleidingsprogramme.
Teen 31 Januarie was daar 3 726 geregistreerde toergidse in die Wes-Kaap. Internasionale Toergidsdag bied ’n belangrike geleentheid om gidse vir hulle harde werk te erken. Die departement moedig toergidse aan om by professionele verenigings soos die Cape Tourist Guide Association (CTGA) te registreer. Sodoende word kommunikasie verbeter en bedryfsondersteuning versterk.
Oorweeg jy toerisme as ‘n loopbaan? Besoek https://bit.ly/TouristGuideRegistration of skandeer die QR-kode vir meer inligting.
Vind hier wat jy kan doen aan die Weskus: https://www.westcoastway.co.za/top-21-things-to-do-west-coast/





