Brekende Nuus
Uncategorized

Watertoekennings uit Wes-Kaapse voorsieningstelsel word verminder

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Watertoekennings uit die Wes-Kaapse watervoorsieningstelsel word met 7% vir huishoudelike en nywerheidsgebruik en met 15% vir besproeiing verminder.

Die nasionale departement van water en sanitasie het die voorsorgmaatreëls Maandag 16 November aangekondig ná sy jaarlikse beoordeling van die stelsel vir die 2026/27-waterjaar. Die departement verwag dat die verlagings sowat 56,8 miljoen kubieke meter water per jaar sal bespaar.

Pemmy Majodina, minister van water en sanitasie, sê die stelsel kan steeds in die huidige vraag voorsien. Die ses damme wat Kaapstad, die Weskus, verskeie dorpe en landbougebruikers bedien, was op 2 November gesamentlik 72,5% vol, teenoor 84,4% in dieselfde tydperk verlede jaar. Sy skryf die daling hoofsaaklik toe aan ondergemiddelde winterreën. ’n Sterk tot uiters sterk El Niño kan warmer toestande en minder afloop na die damme meebring. Majodina vra inwoners om hul plaaslike munisipaliteit se waterbeperkings na te kom en vermorsing aan te meld.

Druk hier om meer te lees.