Lees ook: China monitor uitbraak van nuwe virus
VK. – Die wetenskaplikes wat die Oxford AstraZeneca-entstof tydens die Covid-pandemie vervaardig het, werk aan ’n entstof teen builepes. Volgens wetenskaplikes moet ’n entstof gereed gekry word ingeval die siekte weer uitbreek.
Die buboniese plaag was ’n pandemie wat Europa vanaf 1346 tot 1353 getref het en omtrent 200 miljoen mense doodgemaak het.
Wetenskaplikes wil ’n entstof vervaardig, omdat meer mense nou al weerstandig is teen antibiotika, wat gebruik is om voorheen die siekte te behandel.
Geen van die inentings wat reeds ontwikkel is, is goedgekeur om gebruik te word nie.
Bronne: Women’s Health, The Telegraph, The Irish Sun
Lees ook: China monitor uitbraak van nuwe virus