China monitor uitbraak van nuwe virus

Lees ook :

China monitor uitbraak van nuwe virus fotokrediet: Canva

Lees ook: Onbekende siekte in China oorweldig hospitale met pasiënte

CHINA. – China is besig om ‘n uitbraak van ‘n nuwe respiratoriese virus te monitor. Die virus, wat as die menslike metapneumovirus (HMPV) geïdentifiseer is, het veroorsaak dat mense weer maskers dra en hospitale oorweldig is.

Kommer bestaan dat die nuwe virus moontlik kan versprei, soortgelyk aan die Covid-19-pandemie. Volgens verslae is die virus reeds moontlik in die VK, maar dit is onbevestig.

Gesondheidsowerhede in China is besig om die virus te monitor en om die verspreiding te probeer keer, maar Beijing het gesê “respiratoriese infeksies vermeerder gewoonlik in die winter”.

HMPV is ‘n respiratoriese siekte wat simptome soortgelyk aan verkoues het. Die virus is gewoonlik nie gevaarlik nie, maar kan komplikasies in babas, bejaardes en mense met swak immuniteit veroorsaak.

Bronne: The Independent, Hindustan Times, NDTV

Lees ook: Onbekende siekte in China oorweldig hospitale met pasiënte

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief