Wetstoepassers arresteer ‘vragmotorkapers’ met uniforms aan

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Vyf verdagtes is Woensdag in hegtenis geneem kort nadat hulle glo ’n vragmotor op die R25 Modderfonteinpad in Sebenza gekaap het.

Kol. Mavela Masondo sê twee van die verdagtes was in EMPD-uniforms geklee en nog twee het SAPD-reflektorbaadjies aangehad. Die bestuurder van die vragmotor is gered en die gekaapte vragmotor is teruggevind.

Die polisie het inligting oor verdagtes wat by vragmotorkapings in Gauteng betrokke is, asook dat ’n kaping in Ekurhuleni beplan word, ontvang. ‘n Operasie is geloods en die verdagtes is dopgehou. Verdagtes is direk nadat hulle glo ‘n vragmotor met sonkragbatterye ter waarde van ongeveer R5 m. gekaap en die bestuurder ontvoer het, in hegtenis geneem. Hulle is van die kaap van ‘n vragmotor, ontvoering, besit van vermoedelik gesteelde eiendom en die voordoen as polisielede aangekla.

Twee voertuie wat gebruik is tydens die misdaad, ’n Hyundai Accent en Hyundai iX35, is gekonfiskeer. Profiele sal van die verdagtes saamgestel word om vas te stel of hulle aan ander ernstige en gewelddadige misdade gekoppel kan word. ’n Ondersoek is ook aan die gang om vas te stel hoe die verdagtes in die besit van die uniforms gekom het.

Lt.genl. Tommy Mthombeni, Gauteng se provinsiale kommissaris, het die span vir goeie werk geprys.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief