KWAZULU-NATAL. – ‘n Huis het Woensdagmiddag in Inverleighweg, Malvern, aan die brand geraak. Die inwoners is vir rookinaseming behandel, maar hulle honde kon nie gered word nie.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê nooddienste is net ná 17:00 na die toneel van ‘n huisbrand. Die Ethekweni-brandweer was reeds met hulp van die plaaslike buurtwag besig om die brand te bestry. Twee persone is deur paramedici vir rookinaseming behandel. Die inwoners se honde kon nie uit die brandende huis ontsnap en het in die vlamme omgekom.
Die oorsaak van die brand word deur die Ethekweni-brandweer en die SAPD ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





