Polisiebeampte gevonnis vir minderjarige se verkragting in traumakamer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Frederick Soldaat (64), ‘n voormalige polisielid, is tot 25 jaar direkte tronkstraf deur die Montagu-streekhof vir die verkragting in 2016 van ‘n 15-jarige in die Montagu-polisie se slagoffer-traumakamer gevonnis.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê volgens adv. Heinrich Koert, die staatsaanklaer in die saak, het die slagoffer se ma haar ná ’n rusie by die huis met behulp van Soldaat, wat aan diens was en die klagte hanteer het, na die traumakamer geneem. Hy het die slagoffer in die traumakamer ingeboek, waar hy haar later besoek en verkrag het.

Soldaat het aangevoer dat die seksuele omgang met toestemming plaasgevind het en dat hy nie bewus was van die slagoffer se ouderdom nie. Die slagoffer het die verkragting teengestaan en is teen haar wil verkrag, waarna Soldaat haar alleen gelaat het. Sy het die volgende dag vir haar ma van die verkragting vertel en dit is by die polisie aangemeld. Soldaat is by die polisiestasie uitgewys en is gearresteer. Alhoewel die staat borg teengestaan het, is borg toegestaan.

Die hof het bevind die beskuldigde het die ruimte wat vir beskerming bedoel is, misbruik om die misdryf te pleeg.

Die hofsaak is verskeie kere uitgestel – oor die wisseling van regsverteenwoordigers, beurtkrag, die Covid-19-pandemie en tegniese probleme met die hof se opnames en is die beskuldigde nou eers skuldig bevind. Daar is weens Soldaat se gesondheid van die voorgeskrewe minimum vonnis afgewyk.

Nicolette Bell, die direkteur van openbare vervolgings in die Wes-Kaap, het die vonnis verwelkom en gesê dit bring geregtigheid aan die slagoffer en haar familie, en verwyder ’n gewelddadige oortreder uit die gemeenskap.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief