Brekende Nuus
Afrikaans

WGO bekommerd oor moontlike polio-uitbraak in Gaza

WGO bekommerd oor moontlike polio uitbraak in Gaza

fotokrediet: Canva
WGO bekommerd oor moontlike polio uitbraak in Gaza fotokrediet: Canva

Lees ook: Gaza-dodetal byna 40 000, samesprekings oor skietstilstand duur voort

GAZA. – Die WGO het kommer uitgespreek oor ‘n moontlike polio-uitbraak en ander virale siektes in Gaza na spoorelemente van polio in die riool gevind is.

Tekens van polio is in ses uit sewe toetse wat op die riool in Gaza uitgevoer is, gevind. Volgens die WGO kan die gebrek aan water en sanitasie veroorsaak dat allerhande siektes in Gaza versprei.

Tot sover is geen gevalle van polio aangemeld nie, maar Israel het aangekondig hulle gaan skraagdosisse teen polio aan hulle soldate in Gaza bied.

Bronne: Daily Mail, IOL, Financial Times

Lees ook: Gaza-dodetal byna 40 000, samesprekings oor skietstilstand duur voort