WGO stel R14 m. beskikbaar vir gesondheidsorg in Iran

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

EGIPTE. – Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het sowat $800 000 (ongeveer R14 miljoen) beskikbaar gestel om Iran se gesondheidstelsel te ondersteun, ná weke van konflik wat groot druk op dienste geplaas het. Sedert einde Februarie is meer as 2 300 mense dood en meer as 32 000 beseer, onder wie ook gesondheidswerkers.

Dr. Hanan Balkhy, streekdirekteur vir die Oos-Middellandse See, sê hoewel ’n skietstilstand onlangs bereik is, bly die humanitêre en gesondheidsituasie uiters ernstig. “Baie mense sukkel steeds om basiese mediese sorg te kry, en die behoefte aan hulp is groot,” het sy gesê. Die geld sal oor ’n tydperk van drie maande gebruik word om noodsaaklike gesondheidsdienste aan die gang te hou, beskadigde hospitale en fasiliteite te herstel en lewensreddende sorg voort te sit. Dit sluit die voorsien van toerusting, kragopwekkers en mediese voorrade in, asook die ondersteuning van noodspanne en geestesgesondheidsdienste vir gesondheidswerkers.

Iran se gesondheidstelsel funksioneer steeds, maar is onder toenemende druk. Talle hospitale, klinieke, ambulansdienste en ander gesondheidsfasiliteite is beskadig. Die konflik het ook voorsieningskettings ontwrig en toegang tot mediese dienste bemoeilik, wat die druk op die stelsel verder verhoog.

Die WGO het intussen by skenkers en vennote gepleit om bykomende geld te voorsien om die gesondheidsdienste uit te brei en die stelsel meer teen verdere krisisse bestand te maak.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief