Brekende Nuus
Afrikaans

WGO verklaar a-pokke globale gesondheidsnoodgeval

WGO verklaar a-pokke globale gesondheidsnoodgeval

fotokrediet: Canva
WGO verklaar a-pokke globale gesondheidsnoodgeval fotokrediet: Canva

Lees ook: A-pokke tot openbare gesondheidsnoodgeval in Afrika verklaar

Die WGO het die a-pokke-uitbraak in Afrika as ‘n globale gesondheidsnoodgeval verklaar. Minstens 450 mense is reeds in die Republiek die Kongo dood aan die siekte wat nou oor Afrika versprei het.

WGO-hoof, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het gesê daar is kommer dat a-pokke verder in Afrika en oor die wêreld heen gaan versprei.

Hy het gesê internasionale samewerking is nodig om die uitbraak te stuit.

A-pokke word deur nabye kontak, soos vel-tot-vel-kontak, praat of asemhaal naby ‘n ander persoon, en seks, versprei.

Bronne: BBC, SA News, New York Times

Lees ook: A-pokke tot openbare gesondheidsnoodgeval in Afrika verklaar