Willem Kruger – ‘n vol lewe is gegroet – skyfievertoning, video & begrafnisbrief

Lees ook :

Fotokrediet skermskoot van video Willem Kruger Gedenkdiens en AfriNuus

Willem Petrus Louw Kruger – Gebore 30 Junie 1993, vermis 13 November 2022, gevind 22 November 2022, gedenkdiens 29 November 2022.

Die Willem Kruger Gedenkdiens Facebook-blad se skyfievertoning (slideshow) wat tydens sy diens wat op Doornpan plaasgevind het gewys is, kan hier https://fb.watch/h7u6oLk1vb/ gekyk word.

Die somtotaal van ‘n vol lewe, vasgevang in ‘n versameling foto’s en herinneringe wat van liefde en kameraadskap deurdrenk is.

In die tyd wat Willem gesoek was, was daar die nou bekende foto’s wat gesirkuleer het. Foto’s wat van Willem Kruger ‘n man maak wat vir altyd 29 sal wees en vir altyd 29 sal lyk. Vir ewig jonk.

Maar dit wis nie heeltemal die beeld uit wat in die geheue ingebrand is nie – die beeld van die waterdeurdrenkte bakkie wat met ‘n heel voorruit uit die Vaalrivier gesleep word en dan die foto van die bakkie met ‘n gebreekte voorruit waardeur ‘n geliefde uitgehaal moes word in die teenwoordigheid van sy ouers en susters.

‘n Maand gelede het ‘n jongman voorberei om ‘n funksie saam met sy vriende te geniet. Dit is oor en oor gedeel dat hy ‘n bepaalde roete moes volg. Dit was iewers in die nag tussen feesvier oor ‘n maat wat gaan trou en die beplande roete terug waar dinge skeef geloop het.

In die bestek van ure het Suid-Afrika sy naam leer ken en uitgespreek. Meer mense het na hom gesoek as wat hy ooit geken het.

Persoonlike brokkies het op sy gedenkdiens na vore gekom, soos dat Willem met ‘n vrou soos sy ma wou trou. Sy oom onthou Willem het met sy suster se troue ‘n heildronk op sy ma ingestel met die woorde: “Ma jy is die mooiste vrou in die wêreld. Ek gaan nie trou voor ek nie ‘n vrou soos ma gekry het nie.”

Intussen het die lewe aangegaan, maar uitslae van forensiese toetse en ‘n patologiese verslag word afgewag, wat feitelike antwoorde gaan gee oor ‘n oomblik wat ‘n jong lewe van sy familie weggeruk is.

Dit gaan nie seer uitwis nie, maar hopelik afsluiting bring en die familie deur hul pyn help werk om aan te gaan en hulle geliefde se nalatenskap voort te dra en te koester in elke dag se doen en late.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief