KWAZULU-NATAL. – Die McKenzie-egpaar het op 24 Januarie 1970 hulle wittebrood by die Rawdons-hotel in die KZN Middelland deurgebring. Die hotel het destyds se tarief gehandhaaf en die paar net R9,08 vir ‘n nag se verblyf laat betaal.
Die Rawdons-hotel, wat die spesiale paar se huweliksherdenking met foto’s van die kwitansie van 55 jaar gelede op sosiale media gedeel het, sê dit is ‘n ongelooflike mylpaal wat gevier word en boonop besonders dat die McKenzies dit weer by hulle hotel kan vier.
Die hotel was verbaas dat die oorspronklike kwitansie van 55 jaar gelede bewaar is en voel dit is net reg dat die egpaar na 55 jaar teen dieselfde prys ‘n nag, as ‘n geskenk van die hotel, daar kon deurbring.
“Gelukkige, gelukkige huweliksherdenking, ons is so bly dat ons saam met julle kon vier.”
Beverly Longbottom het die volgende gedeel: “Fantastic congratulations .. we spent our honeymoon at Drakensberg Gardens (coming up 50 years) & I still have the receipt too. Looking back prices were crazy then.”
Jenny Moon het in die kommentaar laat val dat ‘n 55 jaar-huweliksherdenking vir haar en haar man in April onderweg is en dat ook hulle hul eerste wittebroodnag by Rawdons-hotel deurgebring het: “On 4th April 1970 after our wedding in Durban we drove up to Rawdons for the 1st night of our honeymoon too. Unbeknown to us, the guests at our wedding filled our bags with confetti and when they were taken out of the car they left a trail all the way to our room, embarrassing. We too celebrate our 55th anniversary on 4th April this year.”
Gelukwensinge vir die McKenzie-egpaar stroom in, terwyl die hotel vir hulle ruimhartige gebaar geprys word.


