Lees ook: Tito Mboweni word Saterdag begrawe
Woede heers ná een van Tito Mboweni se laaste wense, om Thabo Mbeki as ‘n spreker by sy begrafnis te hê, verontagsaam is slegs ure voor die begrafnis sou plaasvind. Mboweni het net voor sy dood aan sy familie gesê Mbeki en die voormalige ANC-minister, Ngoaka Ramatlhodi, moet sprekers wees by sy begrafnis.
Die familie het die lys van sprekers na die staat gestuur, maar toe Mbeki by die begrafnis aankom, was sy naam as spreker verwyder. Hy het later sy toespraak wat hy sou maak op sosiale media gedeel.
‘n ANC-bron het die presidentskap blameer en het gesê Mbeki se naam is doelbewus verwyder sodat hy nie die kollig van Ramaphosa kon steel nie.
Ramaphosa se woordvoerder het ontken dat die president se kantoor Mbeki se naam verwyder het.
Speech Of The Patron Of The TMF, Thabo Mbeki, Prepared for the Funeral Of Tito Titus Mboweni: Tzaneen, Limpopo Province. 19 October 2024. pic.twitter.com/siIvTJHtVq
— Thabo Mbeki Foundation (@TMFoundation_) October 22, 2024
Bronne: The Citizen, Briefly, TimesLIVE, X
Lees ook: Tito Mboweni word Saterdag begrawe





