Women for Change beplan ‘n nasionale stilstand op 21 November vir die 5 578 vrouens wat slegs in een jaar in Suid-Afrika doodgemaak is. Dit is ‘n styging van 33.8% van die vorige jaar.
Lees ook: Donald Trump sê SA hoort nie in G20 nie
Elke 2.5 uur wor ‘n vrou in Suid-Afrika vermoor. Hierdie koers is ses maal hoër as die globale koers.
Women for Change vra alle vrouens en lede van die LGBT+ gemeenskap in Suid-Afrika om op 21 November betaalde en onbetaalde werk in werksplekke, universitetie en huise te stop en om geen geld op daardie dag te spandeer nie, om ‘n ekonomiese en sosiale impak met hulle afwesigheid te maak.
Women for Change het gesê totdat Suid-Afrika ophou om ‘n vrou elke 2.5 uur te begrawe, kan daar nie by die G20 van groei en vordering gepraat word nie.
Bronne: Facebook
Lees ook: Donald Trump sê SA hoort nie in G20 nie





