Lees ook: Ses vermis na vragskip in Marmara-see sink
ISTANBUL. – Die wrak van die vragskip wat die week gesink het, is vandag in die Marmara-see bereik.
Reddingspanne het ‘n onderwaterrobot gebruik om die skip te kry en ‘n 3D-model daarvan te maak. Hulle gaan binnekort na die wrak duik op soek na die vragskip se ses bemanningslede.
Die vragskip genaamd Batuhan A was op pad na Bursa toe dit weens swaar weersomstandighede gesink het. Dit is onbekend wat met die bemanningslede gebeur het.
Bronne: Bianet, Anadolu Ajansi, A News





