Yshokkie: SA eindig op hoë noot.

Lees ook :

Boyd moes soms meer as net die skyf keer! Foto Johan Maree - aXnshots

Suid-Afrika het hul IIHF-yshokkietoernooi in Kaapstad op ’n hoogtepunt afgesluit met ’n indrukwekkende oorwinning oor Bosnië en Herzegowina in hul laaste wedstryd.

Voor ’n entoesiastiese tuisskare by die Ice Station by GrandWest het die Suid-Afrikaners met vasberadenheid en selfvertroue gespeel. Tot aan die einde was dit ‘n mededingende riller-stryd, maar SA kon vyf minute voor die sirene afgaan, die wendoel aanteken om die wedstryd in hul guns te beklink 4-3.

Een van uitblinkers van die aand was die doelwagter, Ryan Boyd, wat met ’n briljante vertoning ‘n groot verskil gemaak het. Sy bydrae het hom die welverdiende titel van Speler van die Wedstryd besorg.

Suid-Afrika se veldtog in die toernooi was egter gemeng. Hulle het goeie oorwinnings behaal, maar ook nederlae gely, onder andere, teen Turkye—wat uiteindelik met die goue medalje weggestap het—en Thailand. Dit beteken SA sluit die toernooi af met twee oorwinnings uit vyf wedstryde.

Ten spyte hiervan het die span deurgaans karakter en groei getoon. Van ’n naelskraapse nederlaag in hul openingswedstryd teen Mexiko ( https://nuusflits.com/iihf-toernooi-skop-af-in-kaapstad/) tot ’n reeks verbeterde vertonings, het Suid-Afrika gewys dat hulle toenemend hul plek op die internasionale verhoog volstaan.

Sien ook: https://nuusflits.com/yshokkie-suid-afrika-troef-turkmenistan/

Met ’n uitverkoopte arena en groeiende ondersteuning vir die sport in die land, is dit duidelik dat yshokkie in Suid-Afrika besig is om nuwe hoogtes te bereik. Hierdie toernooi in Kaapstad sal onthou word as ’n belangrike tree vorentoe vir hierdie opwindende sport.

Vir meer fotos, klik hier. Fotos deur Johan Maree aXnShots.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief