Ystervrou van Cassandra

Lees ook :

Yolande Conradie (29) word geprys as die ystervrou van Cassandra nadat sy die polisie gehelp het om vier verdagtes vas te trek wat vermoedelik ‘n bakkie gesteel het.

Die bakkie van Piet Niewenhuizen, wat op Boshof gesteel is, is gister deur een van sy werkers opgemerk. Die polisie is ontbied en die verdagtes is agternagesit.

Johnson, wat op pad huis toe was, het gesien hoe die polisie die verdagtes te voet jaag. Sy het ook die polisievoertuie opgemerk en besluit om voor die verdagtes in te ry om hulle te probeer keer. Die verdagtes het verby haar voertuig gehardloop, maar ‘n polisieman het by haar ingespring en agter die verdagtes aan gery. Hulle het saam die verdagtes gejaag totdat al vier in hegtenis geneem is.

“Ek het nie vanoggend opgestaan met die gedagte dat die dag só gaan uitdraai nie. Ek het nie geweet hoekom die verdagtes weghardloop vir die polisie nie, dit kon vir enige rede wees. Ek sal enigiets doen om die polisie te help om mense vas te trek wat ander mense wil seermaak.”

Johnson bly al 16 jaar in Cassandra en sê misdaad raak nou baie erg in die gebied.

“Die polisie se diens was flink en vinnig. Hulle het my bedank en my ‘n engel genoem.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief