Brekende Nuus
Afrikaans

Zandile Mafe nie bevoeg vir verhoor nie

Mafe sal na ‘n psigiatriese hospitaal vir behandeling gestuur word.

Zandile Mafe nie bevoeg vir verhoor nie
Zandile Mafe nie bevoeg vir verhoor nie fotokrediet: Twitter

Lees ook: Besluit oor Zandile Mafe se verhoor uitgestel

KAAPSTAD. – Die man wat na bewering die parlementsgebou aan die brand gesteek het, is onbevoeg verklaar om verhoor te word.

Zandile Mafe het gister in die hof verskyn waar regter Nathan Erasmus bevind het hy is onbevoeg om verhoor te word. Erasmus het gesê verskeie dokters het Mafe met ‘n psigotiese spektrumversteuring, waarskynlik skisofrenie, gediagnoseer.

Mafe sal na ‘n psigiatriese hospitaal gestuur word vir behandeling. Hy het geweier om na die Valkenberg- psigiatriese hospitaal te gaan en het gevra om iewers anders gestuur te word.

Die verdediging is glo van plan om teen die besluit te appeleer.

Bronne: The Citizen, TimesLIVE, EWN

Lees ook: Besluit oor Zandile Mafe se verhoor uitgestel