GAUTENG. – Job Sikhala (53), ’n Zimbabwiese politikus, en Alexander Ferrowst Thema (78), sy oom, het vlugtig op aanklagte van die besit van springstof in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die twee beskuldigdes is op 6 November deur die polisie in Kgosi Mampuru-straat gestop. Tydens ’n deursoeking van hul voertuig het die polisie op 26 springstofpatrone en 15 ontstekers afgekom. Die saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 13 November uitgestel. Die beskuldigdes bly in aanhouding.
Mahanjana sê die ondersoek duur voort.





