ZIMBABWE. – Die Zimbabwiese regering het aangekondig die eerste betaling aan blanke boere wie se plase tussen 2000 en 2001 opgeëis is, het begin.
Lees ook: EFF daag aanvaarding van begroting uit in hooggeregshof
Dit volg na ’n vergoedingsooreenkoms in 2020 tussen die boere en die staat aangegaan, waarvolgens Zimbabwe gesê het dit sal $3.5 miljard vir opgeëiste plase betaal.
Duisende blanke boere is in 2000 en 2001 van hulle plase af gedwing, dikwels gewelddadig, om die koloniale landopeising aan te spreek, maar dit het ekonomiese agteruitgang veroorsaak en ‘n versuurde verhouding met die Weste.
Gister (Woensdag) se aangekondigde betaling sal die eerste 378 plase uit 740, wat goedgekeur is vir vergoeding, dek. Die res sal deur tesourie-effekte in Amerikaanse dollar betaal word.
Die regering het ingestem om voormalige plaaseienaars te vergoed vir “verbeterings” wat op die grond gemaak is en nie vir die grond self nie, met die redenasie dat dit ongemagtig deur koloniale magte oorgeneem is.
Bronne: BBC, IOL, Moneyweb
Lees ook: EFF daag aanvaarding van begroting uit in hooggeregshof
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





