Zimbabwiër vir meer as R14 m. se ‘onwettige sigarette’ in hof

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Bimha Jaint Janos (44), ‘n Zambabwiese burger, bly in aanhouding nadat hy glo met meer as R14. m. se onwettige sigarette betrap en vanoggend in die Musina-landdroshof verskyn het.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder vir die NVG, sê Janos het na bewering op 18 Januarie met ‘n wit Volvo-vragmotor probeer om deur die Beitbrug-grenspos te gaan. Die polisie het die vragmotor gestop en die vrag nagegaan, waarna op 710 bokse met kartonne Remingtong Gold en 11 los pakkies sigarette afgekom is. Janos is vir die beweerde smokkel met onwettige sigarette in hegtenis geneem.

Die saak is tot 27 Januarie vir profiliëring van die beskuldigde en ‘n moontlike borgaansoek uitgestel. Janos bly in aanhouding.

Brig. Hlulani Mashaba sê Janos het aan die polisiebeamptes gesê die vragmotor is leeg, waarna dit deursoek en die teendeel bevind is. Die polisie het op die sigarette met ‘n geskatte straatwaarde van R14 449 363 en ‘n vragmotor ter waarde van R2 500 000 beslag gelê. Die polisie-ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief