OGIES, MPUMALANGA. – Drie Zimbabwiese burgers, tussen die ouderdom van 24 en 30 jaar oud, is Donderdag nadat houers met 2 187 liters diesel glo in voertuie by hulle gekry is, in hegtenis geneem.
Kol. Donald Mdhluli sê ‘n span van verskillende polisie-eenhede, die departement van omgewingsake, Tracker Connect en Bidvest-sekuriteit saamgestel nadat diefstal van steenkool in Februarie op een van die Middelburg-myne rapporteer is. ‘n Operasie is Donderdag deur die span wat inligting opgevolg het, uitgevoer toe die suksesvolle vonds gemaak is. Twee Isuzu-bakkies en ‘n Nissan NP200-bakkie is met die houers diesel gevind. Die bestuurders van die voertuie kon nie bewys waar die diesel aangekoop is nie en is vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, onwettige handeldryf in diesel en oortreding van die immigrasiewet in hegtenis geneem.
Mdhluli sê die polisie het op die houers met diesel, voertuie, ‘n kragopwekker en dieselpomppype beslag gelê.
Die polisie se ondersoek duur voort. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Ogies-landdroshof verskyn.

