GAUTENG. – Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het vanoggend 1 087 nuwe voertuie aan die polisie oorhandig om werk op grondvlak te versterk.
Genl.maj. Nonkululeko Phokane, polisiewoordvoerder, sê die vloot bestaan uit sedans en dubbelkajuitbakkies en is daarop gemik om polisiesigbaarheid te verhoog, reaksietye te verbeter en die polisie se vermoë om misdaad te bekamp, te versterk. Die oorhandiging vind by die SAPD-akademie in Benoni plaas.
Volgens Phokane sal die voertuie aan 140 hoërisikopolisiekantore, speurders, sigbare polisiëring, die eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), 10111-oproepsentrums en blitspatrollies toegeken word.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: