GAUTENG – Die Gautengse departement van onderwys (GDE) sê tans is 1 174 gr. 1- en gr. 8-leerlinge nog nie in skole geplaas nie, hoofsaaklik as gevolg van kapasiteitsdruk in hoë-aanvraag gebiede soos Johannesburg en Ekurhuleni.
Volgens GDE-woordvoerder, Steve Mabona, is die meeste leerlinge reeds suksesvol in openbare skole geplaas, maar 882 gr. 1-leerlinge en 292 gr. 8-leerlinge wag nog op beskikbare plekke. Die departement werk aktief saam met skole om alle uitstaande plaasings so gou as moontlik af te handel en te verseker dat alle kwalifiserende leerlinge uiteindelik toegang tot skole het.
Ouers word versoek om geduldig te wees totdat plasings plaasvind.





