103 mense in Turkye dood weens nagemaakte alkohol

Lees ook :

103 mense dood weens nagemaakte alkohol in Turkye fotokrediet: Canva

TURKYE. – Sowat 103 mense is dood in Turkye na hulle nagemaakte alkohol gedrink het.

Lees ook: Adjunkpresident rou oor dood van eerste swart kernfisikus, Senamile Masango

’n Waarskuwing vir toeriste is uitgereik om versigtig te wees vir die drank in Ankara en Istanboel.

Mense is oorlede en het ernstig siek geraak na nagemaakte alkohol in winkels, kroeë en restaurante verkoop is.

Altesaam 230 mense, van wie 40 in ‘n kritieke toestand, is in die hospitaal opgeneem na hulle van die drank gedrink het.

13 verdagtes is in Ankara en 11 in Istanboel in hegtenis geneem vir die vervaardiging en verkoop van nagemaakte alkohol.

Bronne: Evening Standard, Mirror, Metro

Lees ook: Adjunkpresident rou oor dood van eerste swart kernfisikus, Senamile Masango

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief