12 beseer ná turbulensie op Qatar Airways-vlug

Lees ook :

12 mense beseer na turbulensie op Qatar Airways-vlug
12 mense beseer na turbulensie op Qatar Airways-vlug fotokrediet: Canva

Lees ook: Sowat 20 mense steeds in intensiewe sorg na turbulensie op Singapoer-vliegtuig

Sowat 12 persone is gister beseer as gevolg van turbulensie op ‘n Qatar Airways-vlug op pad van Doha na Dublin.

Ses passasiers en ses bemanningslede is beseer toe die vliegtuig deur turbulensie geaffekteer is toe hulle oor Turkye gevlieg het. Die vliegtuig kon veilig land in Dublin soos dit geskeduleer is.

Volgens Qatar Airways is niemand ernstig beseer nie en die voorval word ondersoek. Dit volg slegs dae na talle mense beseer is en een persoon dood is na turbulensie op ‘n Singapore Airlines-vlug van Londen.

Wetenskaplikes het gewaarsku turbulensie vererger weens klimaatsverandering.

Bronne: DW – South Africa, ECR, CNN

Lees ook: Sowat 20 mense steeds in intensiewe sorg na turbulensie op Singapoer-vliegtuig

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief