KWAZULU-NATAL. – Kendrick Kannemeyer (12) is Dinsdagoggend in die Limit Hill-gebied glo per ongeluk deur sy vriend geskiet. ‘n 12-jarige verdagte is deur die Ladysmith-polisie in hegtenis geneem en is daarna in die sorg van sy ouers vrygelaat.
Lt.kol. Paul Magwaza, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die slagoffer is vir behandeling na ‘n hospitaal geneem.
Rakeenah Kannemeyer het plaaslike media bedank wat sy seun se storie gedeel het en gesê sy seun is ‘n vegter. ‘n Gebedsbyeenkoms is Woensdagaand by Kendrick se huis gehou.






