14 beweerde ontvoerders vasgetrek, sakeman ontset

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – 14 beweerde ontvoerders, waaronder drie Sjinese en twee Mosambiekers, is Maandagmiddag deur die polisie in Diepkloof, Soweto, vasgetrek. ‘n Zimbabwiese sakeman wat Sondag ontvoer is, is ontset.

Brig. Athlenda Mathe sê die polisie het op verskeie Speedpoint-kaartmasjiene, ‘n groot bedag geld wat van die slagoffer se bankrekening onttrek is en twee vuurwapens, wat glo tydens ‘n huisroof in 2023 in Linden gesteel is, beslag gelê.

Agt van die verdagtes is by ‘n woonstel in Greenstone Park en die res in Sandton in hegtenis geneem.

Mathe sê die polisie het in ‘n kort tydperk verskeie ontvoerders van sindikate wat sakemanne vir groot bedrae losprys ontvoer, vasgetrek.

“Gemeenskappe word versoek om voort te gaan om verdagte aktiwiteite in en om hul woonbuurt aan te meld, om te verseker dat ons saam beslissend met hierdie misdadigers afreken.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief