155 gyselaars gered, 27 militante dood in treinaanval

Lees ook :

155 gyselaars gered, 27 militante dood na treinaanval fotokrediet: X

PAKISTAN. – Pakistanse owerhede het 155 gyselaars gered na ’n trein gister deur ’n militante groep aangeval en gekaap is. Sowat 214 gyselaars is steeds op die trein wat gister deur militante van die Baloch Liberation Army, die grootste gewapende etniese groep wat teen die Pakistan-regering gekant is, beset is.

Lees ook: Pakistanse militante kaap trein vol passasiers

Sowat 27 militante is tot dusver doodgemaak, maar dis onbekend hoeveel op die trein is.

Die militante het geëis dat Baloch politieke gevangenes en mense wat hulle beweer is deur die weermag ontvoer vrygelaat moet word of hulle gaan die passasiers binne 48 uur om die lewe bring.

Bomplanters met “selfdood-baadjies” sit glo langs van die passasiers.

Owerhede werk steeds daaraan om die res van die gyselaars te red.

Bronne: The Straits Times, Indian Express, Metro

Lees ook: Pakistanse militante kaap trein vol passasiers

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief